Wat ‘n vreeslike week vir Julius Malema!

Deur Zukile Majova

Dit gaan van sleg tot vrot vir EFF-stigter Julius Malema, wat laas week die bedankingsbriewe van twee van die party se parlementslede ontvang het.

Nie net verlaat hierdie senior partyleiers die EFF nie, maar hulle impliseer ook dat Malema se leierskapstyl besig is om die EFF te vernietig.

Die EFF kon in beheer gewees het van vier nasionale departemente as Malema President Cyril Ramaphosa se uitnodiging aanvaar het om deel van die regering van nasionale eenheid te wees.

Malema se besluit het die party verdeel, en takleiers, streekleiers en provinsiale leiers spring elke week oorboord.

Laas week het LPs Fana Mokoena, ‘n bekende akteur, en advokaat Busisiwe Mkhwebane, die voormalige openbare beskermer, hul bedankings as LPs en lede van die EFF ingedien.

Hulle het hul jaarlikse salarisse van R1.2-miljoen opgeoffer toe hulle wegstap van Malema se ineenstortende kaarthuis.

Dit is die jongste ontwikkeling in die verbrokkeling van Malema se party, wat begin het toe voormalige EFF-adjunkpresident Floyd Shivambu in Augustus die party verlaat het om by eertydse president Jacob Zuma se Umkhonto Wesizwe (MK) party aan te sluit.

Op sosiale media het Mokoena kritiek uitgespreek teenoor Malema, wat onlangs gekla het dat hy verraai voel.

“Niemand verraai jou nie. Mense kies net hulleself bo jou. Hul wêreld draai nie om jou nie. Verraad is nie die woord nie.”

Malema het vir EFF-lede gesê om te verwag dat meer lede die party sal verlaat om hulle by Shivambu in die MK te skaar.

Hy het gesê sommige EFF-leiers sal die party verlaat as hulle nie in belangrike posisies gepos word tydens die party se verkiesingskonferensie in Desember nie.

Shivambu se vertrek het die pos van adjunkpresident vakant gelaat, en studente op verskeie universiteits- en kollegekampusse het begin vra maak dat Mbuyiseni Ndlozi Malema se adjunk moet wees.

Malema het geïmpliseer dat Ndlozi een van die senior leiers is wat Shivambu se bedanking ondersteun het.

Foto hierbo: Julius Malema.

Bron: X

📉 Running low on data?
Try Scrolla Lite. ➡️
Join our WhatsApp Channel
for news updates
Share this article
spot_imgspot_imgspot_imgspot_img

Recent articles