Deur Lucky Vince Pienaar
• Suid-Afrika se Cheslin Kolbe, Eben Etzebeth, en Pieter-Steph du Toit is finaliste vir Wêreld Rugby se Mans 15s Speler van die Jaar-toekenning.
• Sacha Feinberg-Mngomezulu is ‘n kandidaat vir die Mans 15s Deurbraakspeler van die Jaar.
Cheslin Kolbe, Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit is gereed om die toekenningstafel te oorheers tydens vanjaar se Mans 15s Speler van die Jaar-toekenning.
Die vierde genomineerde is die waardige Caelin Doris, wat ‘n onvergeetlike jaar vir Ierland gehad het.
Die ooglopende uitsluiting is Frankryk se Antoine Dupont: hy nie kwalifiseer nie, omdat hy vanjaar nie genoeg toetswedstryde vir Frankryk gespeel het nie.
Sacha Feinberg-Mngomezulu is moontlik die gunsteling om die Mans 15s Deurbraakspeler van die Jaar-toekenning te wen, al het beserings sy aantal wedstryde beperk.
Hy staar egter taai kompetisie in die gesig. Immanuel Feyi-Waboso (Engeland), Jamie Osborne (Ierland) en Wallace Sititi (Nieu-Seeland) het almal ‘n uitmuntende jaar vir hul lande gehad.
Die toekenningsaand word op Sondag 24 November in Monaco gehou, ná die afsluiting van die November-internasionale wedstryde.
Rassie Erasmus het gesê hy is trots op die genomineerde spelers wat weer eens hul merk op die grootste rugbyverhoog hierdie seisoen gemaak het.
“Hulle het steeds die hoë standaarde gelewer wat ons van Springbokke verwag,” het hy gesê.
“Ons het tot dusver vanjaar 50 spelers in ons toetse gebruik, en om te sien hoe hulle onder die beste spelers in die wêreld uitstaan, is fantasties. Ons is ongelooflik trots op hulle en wens hulle sterkte toe wanneer die wenners bekend gemaak word.”
Eben Etzebeth blyk die gunsteling te wees om die toekenning te wen.
Hy het nie net sy deel hierdie naweek gedoen toe Suid-Afrika Engeland stadig maar seker oorrompel het nie, maar het altyd sy beste gelewer in sy 128 wedstryde in groen en goud.
Etzebeth is in 2013 en 2023 genomineer, terwyl Kolbe en Du Toit in 2019 op die kortlys was. Du Toit het die toekenning in 2019 gewen. Schalk Burger het dit in 2004 gewen en Bryan Habana in 2009.
Foto hierbo: Cheslin Kolbe in aksie teen Engeland.
Bron: Springboks/X






